sr1104kos_30_min
Resepte

Kaneel-warmsjokolade

Genoeg vir 4-6

  • 500 ml melk
  • 200 g donkersjokolade, fyngekap
  • 30 ml fyn kaneel
  • 250 ml room
  • 200 g witsjokolade, fyngekap
  • 24 wafelkoekies

Bring melk tot kookpunt en gooi bo-oor gekapte donkersjokolade.Roer tot gladde mengsel en voeg kaneel by. Bring room tot kookpunt en gooi oor witsjokolade.Roer tot gladde mengsel. Verdeel donkersjokolade tussen glase gevolg deur witsjokolade. Sit voor met wafelkoekies.

Wenk
Jy kan ook styfgeklitste room bysit.