Resepte

Karamel-haselneut-semifreddo

(6 porsies)

  • 60ml suiker
  • 20ml water
  • 200 g haselneute
  • 2eiers
  • 3eiergele
  • 200 g strooisuiker
  • 100 g witsjokolade, gesmelt
  • 500 ml room

Sjokoladesous

  • 250 ml room
  • 100 g donkersjokolade, grofgekap

Sit suiker en water in ‘n mediumgroot pan. Bring tot kookpunt en laat stadig prut tot ‘n goue karamel vorm.Voeg neute by en meng liggies deur.Keer uit op ‘n bakplaat wat gespuit is met kleefwerende sproei en laat afkoel. Sit in ‘n voedselverwerker en verwerk tot growwe krummels. Plaas eiers, eiergele en strooisuiker in ‘n mediumgroot glasbak wat stewig op ‘n pot sal pas. Gooi water in die pot en bring tot kookpunt. Sit glasbak op pot, maar moenie dat kookwater aan glasbak raak nie. Stel plaat op matig terwyl jy die eiers en suiker met ‘n elektriese handklitser klits.Hou aan klits tot dik en skuimerig, sowat 10 minute. Vou by witsjokolade in. Klits room tot sagte punte vorm en vou by eiermengsel in. Vou growwe neutmengsel in. Voer broodpan van sowat 11 x 21 cmmet kleefplastiek uit en gooi mengsel in pan. Vries oornag. Maak sjokoladesous deur room tot kookpunt te verhit. Gooi oor gekapte donkersjokolade en roer tot glad. Keer gevriesde roomys uit op opdienbord. Garneer met gekoopte sjokoladeskulpe en gooi sous oor. Sit voor.

Wenk: Kyk by jou supermark se lekkergoedafdeling vir skulpe.