sr1110hoofkos_2_
Resepte

Karamel is die nuwe sjokolade… (+ nuwe resep)

(8 – 10 porsies)

  • 280 g (500 ml) koekmeel
  • 155 g (170 ml) botter
  • 45 ml strooisuiker
  • 45 ml yswater
  • 500 g roomkaas
  • 120 g versiersuiker, gesif
  • 60 ml sterk koffie
  • sap en skil van 2 suurlemoene
  • 15 ml gelatien
  • 20 ml water
  • 125 ml room, styfgeklits
  • 1 x 360 g-blik karamel-kondensmelk, liggies geklits

Verhit oond tot 180 °C. Plaas meel, botter en suiker in voedselverwerker en verwerk tot tekstuur van growwe broodkrummels. Voeg yswater by en meng tot alles in een bal saamkom. Rol uit op meelbestrooide oppervlak tot 2 mm dik. Sny twee reghoeke van 20 x 20 cm. Plaas op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer en met kleefwerende kossproei gespuit is. Bak vir 8 – 12 minute of tot goudbruin. Plaas roomkaas, versiersuiker, koffie, sap en skil van suurlemoene in ’n mengbak en klits tot gladde mengsel. Sit intussen gelatien in ’n bak en week in 20 ml water tot dit lyk soos spons. Laat smelt verder oor kookwater en voeg by roomkaas-mengsel. (As dit dalk klontjies vorm, plaas bak terug oor kookwater en roer tot gladde mengsel.) Vou room by roomkaasmengsel in. Voeg karamel by mengsel en vou deur. Plaas een deeg-reghoek onderin koekpan wat met kleefplastiek uitgevoer is en gooi mengsel oor. Plaas tweede stuk koek bo-op. Laat stol vir 2 – 4 uur of oornag. Keer uit op kapplank. Gebruik skerp mes met riffellem en sny in porsies van 3 x 2 cm. Sit voor.