Resepte

Karamel-mousse-koek

(8 – 10 porsies)

  • 1 x Ina Paarman Cake Mix
  • 5 g gelatienpoeier
  • 40 ml water
  • 2 eierwitte
  • 60 g strooisuiker
  • 250 ml room
  • 150 g witsjokolade, fyngekap
  • 150 g karamel-kondensmelk
  • 100 ml melk

 Bo-laag

  • 2 eierwitte
  • 80 g strooisuiker

Bak koek volgens aanwysings op boks, maar pleks van beslag in 2 panne te verdeel, bak alles in een 30 cm-losboom-koekpan. Laat afkoel tot yskoud. Sny bokant van koek gelyk. Hol binnekant uit en los ’n koekrand van 2 cm onder en buite om. Laat gelatien in water oplos. Klits eierwitte tot sagte punte vorm terwyl jy strooisuiker geleidelik byvoeg. Hou aan klits tot blink en styf. Hou eenkant terwyl jy room tot sagte punte klits. Plaas sjokolade, karamel-kondensmelk en melk in middelslag-pot oor lae hitte en roer
tot glad. Voeg gelatien by en roer tot gladde mengsel. Vou eierwitmengsel in, gevolg deur room. Sit koekvorm op opdienbord. Gooi mousse-mengsel in holte en laat stol 3 – 4 uur of oornag.

Bo-laag: Klits eierwitte tot sagte punte vorm. Hou aan klits terwyl jy strooisuiker stadig byvoeg. Klits tot stywe punte vorm. Skep meringue op koek en brand bruin met blaasvlam.

  • Porcha Gordon

    Herman se groot word koek is n ware treffer. Ek kry elke keer as ek dit bak komplimente.