Resepte

Karamel-roomys-soene

(8 porsies)

  • 200 g donkersjokolade
  • 60 ml suiker
  • 2 eiers
  • 3 eiergele
  • 200 g strooisuiker
  • 500 ml room
  • 1 x 400 g-blik karamel-kondensmelk

Smelt sjokolade oor pot met kookwater. Verf holtes van 8 silikoon-vorms van jou keuse met die sjokolade. Die volume van die vorms moet 100 ml elk wees. (Kyk by bakwinkels vir die vorms.) Sit in vrieskas om te stol. Herhaal proses 3 keer. Plaas eiers, eiergele en suiker saam in ’n middelslagglasbak
wat stewig op ’n pot pas. Vul pot met kookwater,maar maak seker die water raak nie aan die bak nie.
Plaas op matige hitte terwyl jy met ’n elektriese handklitser klits. Hou aan klits tot dik en skuimerig, sowat 10 minute. Klits room in aparte bak tot sagte punte vorm en vou by eiermengsel in. Klits kondensmelk tot gladde mengsel en vou rofweg by mengsel in – daar moet nog stukke karamel in wees.
Verdeel tussen sjokolade-holtes en vries oornag.Haal uit vorms en sit voor.

  • Hanli Huysamen

    In die resep vir die karamel roomys soene word 2 hoeveelhede suiker aangedui. Moet die 60ml suiker met die eiers geklits word en waarvoor is die 200g strooisuiker. Dis effens onduidelik.

    Baie dankie

    Hanli

  • Nicole

    Ek het die roomysstafies gemaak wat in die nuwe Sarie Kos was.
    Dit het mooi uitgekom, behalwe dat dit lyk asof daar n skeiding is in my roomys. Iets het ondertoe gesak?
    Waarom gebeur dit? Het ek dit dalk nie genoeg geklits nie?
    Aseblief help dat ek dit volgende keer kan regkry.
    En kan mens dit met gewone sjokolade maak ipv donkersjokolade?

  • Kristen Hess

    BEAUTIFUL! Can you please send me the recipe in ENGLISH????