skm1005brood_1_
Resepte

Karringmelk-en-cheddar-brood

10 – 12 snye

• 1 pakkie (500g) bruismeel
• 100g (250ml) cheddarkaas, gerasper
• 30ml roosmaryn, gekap
• 5ml sout
• 5ml varsgemaalde swartpeper
• 1 houer (500ml) karringmelk

Verhit oond tot 190ºC. Gooi al die droë bestanddele in ‘n groot mengbak. Voeg karringmelk by en meng met ‘n houtlepel totdat alles deeglik gemeng is. Skep beslag in ‘n broodpan van 21 x 11cm wat met kleefwerende kossproei gespuit is. Bak vir 35 – 40 minute of tot ‘n toetspen skoon uitkom.