sr1105_30minutes_4_
Resepte

Karringmelk-plaatkoekies met spek

6 porsies

• 1 x 500 g-plaatkoekiemengsel (by bak-afdeling in supermarkte)
• 500 ml karringmelk
• 5 ml vanieljegeursel
• 2 eiers
• 20 ml sonneblomolie
• 30 ml botter
• 45 ml olyfolie
• 250 g spek
• 100 ml geroomde heuning (creamed honey)
• 200 ml crème fraîche

Gooi plaatkoekiemengsel in mengbak. Voeg karringmelk, vanielje, eiers en sonneblomolie by.Meng goed tot gladde mengsel. Verhit botter in ’n middelslag-braaipan. Skep eetlepels vol van beslag in pan en braai tot bokant vol lugborrels is, sowat 1 minuut. Draai om en braai verder tot goudbruin en gaar.Verhit olyfolie in ’n middelslag-pan en braai spek tot goudbruin en bros, sowat 2 minute. Sit warm plaatkoekies voor met spek, heuning en crème fraîche.

Wenk: Moenie jou pan te warm maak as jy die plaatkoekies braai nie, anders brand dit voor dit gaar is.