Resepte

Kebabs: filet, hoender, lam

Marinade

  • 5 ml / 1 eetlepel witpeper
  • 5 ml / 1 eetlepel paprika
  • 15 ml / 1 eetlepel djeera-poeier
  • 150 ml sojasous
  • 150 ml water
  • 2,5 ml / ½ eetlepel borrie
  • 2, 5 ml / ½ eetlepel fyn neut
  • 15 ml / 1 eetlepel garam-masala
  • 2, 5 ml / ½ eetlepel droë origanum

Meng al die bogenoemde bestanddele saam. Genoeg vir 1 van die vleissnitte. 8 vars tamaties, in kwarte gesny 4 uie, in klein kwarte gesny. Vir die hoender: Die marinade soos hierbo, maar voeg 1 eetlepel kerriepoeier en ½ eetlepel roosmaryn by.

  • 1 groot beesfilet
  • 1 lamsboud
  • 1 hoender

Sny filet, lam en hoender in blokkies. Laat marineer vir 1 uur. Ryg vleis op ‘n kebabstokkie met ui en tamatie tussenin. Braai oor warm kole.