Resepte

Kekerertjie-slaai

Genoeg vir 6

  • 200 g groenbone
  • 1 x 410 g-blik kekerertjies (chickpeas), gedreineer en afgespoel
  • 1 middelslag-komkommer, in blokkies gesny
  • 100 ml sojasous
  • 150 ml olyfolie
  • hand vol pietersielie, fyngekap varsgemaalde swartpeper

Sny punte van groenbone af. Bring pot met water tot kookpunt. Voeg groenbone by en laat kook vir 1 minuut. Dreineer. Plaas in slaaibak saam met kekerertjies en komkommer.Meng sojasous, olyfolie en pietersielie.Gooi oor slaai en geur met swartpeper. Sit voor saam met gaar vis.