sr1003kos_7_
Resepte

Kerrie-lam-skenkel-pastei

(6 porsies)

  • 50 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 6 klein, heel lamskenkels
  • 60 ml mediumsterk kerriepoeier
  • 20 ml fyn koljander
  • 2 x 400 g-blikke kersietamaties
  • 250 ml rooiwyn
  • 100 ml water
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 500 g blaardeeg
  • 1 eier

Verhit oond tot 180 ˚C. Gooi olyfolie in ‘n warm pan en braai ui en knoffel tot lig en deursigtig. Plaas lamskenkels in pan en braai tot goudbruin. Gooi speserye by en braai vir nog 5 minute.Voeg tamaties, rooiwyn en water by.Haal van hitte af, geur met sout en swartpeper en maak dig toe met tinfoelie. Bak in oond vir sowat 2 uur of totdat vleis van bene loskom. Plaas gaar skenkels in ‘n oondvaste bak met bene na bo.Gooi al die pansous oor. Plaas blaardeeg bo-op skenkels en druk bene deur deeg.Verf rand van deeg met van die eier en druk deeg stewig vas om kante van pan. Verf res van eier oor en bak vir 20 – 25 minute tot goudbruin. Sit warm voor. Moenie bekommerd wees as die deeg insak nie. Dit word steeds gaar en die pansappe trek in die deeg in.

  • omlgpohkkli

    JgMSLP jalujsswewms, [url=http://mjrwctgkokbn.com/]mjrwctgkokbn[/url], [link=http://xrexnqjncsom.com/]xrexnqjncsom[/link], http://sgwztziwqsmz.com/

  • omlgpohkkli

    JgMSLP jalujsswewms, [url=http://mjrwctgkokbn.com/]mjrwctgkokbn[/url], [link=http://xrexnqjncsom.com/]xrexnqjncsom[/link], http://sgwztziwqsmz.com/