Resepte

Kersie-clafoutis

(12 porsies)

  • 3 eiers
  • 200 g suiker
  • 100 g fyn amandels
  • 70 g koekmeel
  • 5 ml sout
  • 250 ml laevet-melk
  • 30 ml amandellikeur
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 200 g ontpitte kersies

Verhit oond tot 180 ˚C. Klits eiers en suiker saam tot lig en romerig. Voeg amandels, koekmeel en sout by. Meng tot gladde beslag. Voeg melk, likeur en vanielje by. Meng goed. Verdeel mengsel tussen die 12 holtes van ’n standaardgrootte muffinpan wat goed gespuit is met kleefwerende kossproei. Verdeel kersies tussen die holtes. Bak 35 – 40 minute of tot goudbruin en gestol. Laat afkoel en keer versigtig uit. Sit voor met Griekse jogurt.