sk0812koekies08x
Gebak

Klapperkoekies

(sowat 30 koekies)

  • 200 g (625 ml) klapper
  • 70 g (83 ml) strooisuiker
  • 30 ml bruismeel, gesif
  • 1 eier, geklits
  • 62 ml melk
  • 2 ml vanieljegeursel

Verhit jou oond tot 180 ºC. Plaas die klapper, strooisuiker en bruismeel in ’n mengbak. Voeg die geklitste eier, melk en vanieljegeursel by. Meng alles goed saam. Vorm balletjies van sowat 2 cm. Plaas die balletjies op ’n bakplaat uitgevoer met tinfoelie. (Jy hoef nie die tinfoelie te smeer nie.) Bak vir 20 – 25 minute.