Resepte

Klapperkolwyntjies

(24 klein kolwyntjies)

  • 3 eiers
  • 100 g strooisuiker
  • 175 g bruismeel
  • 175 g botter (by kamertemperatuur en sag)
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 125 ml klapper
  • 30 ml aarbeikonfyt

Verhit jou oond tot 180 ºC. Voer ’n kolwyntjiepan met 24 papierbakkies uit. Plaas al die bestanddele in die mengbak van jou elektriese menger. Klits alles saam vir 3 – 4 minute. Skep die mengsel in die bakkies en plaas in die warm oond. Bak vir 15 minute. Haal uit die oond en laat afkoel voor jy dit versier.

  • 100 g sagte botter
  • 100 g versiersuiker, gesif
  • 15 ml melk
  • ekstra klapper om bo-oor te sprinkel

Meng die sagte botter en versiersuiker goed saam in jou menger. Voeg die melk by en meng weer goed. Gebruik ’n spuitsak om die kolwyntjies te versier. Sprinkel ekstra klapper bo-oor.