Resepte

Klassieke sago-poeding

Die oorspronklike resep bevat altyd appelkooskonfyt, maar aarbeikonfyt is net so lekker daarby.

(6 porsies)

  • 140 g sago
  • 750 ml melk
  • 100 g suiker
  • knippie sout
  • 25 ml botter
  • 2 eiergele
  • 50 ml aarbeikonfyt
  • 4 eierwitte
  • 100 g suiker

Verhit oond tot 180 °C. Gooi sago in ’n sif en spoel af met koue water. Gooi sago daarna in ’n kastrol saam met melk en verhit stadig. Kook oor lae hitte totdat dit deurskynend is. Haal kastrol van hitte af en voeg 100 g suiker, sout en botter by. Dan kom die geklitste eiergele by en meng goed. Skep mengsel in gesmeerde bakkies of koppies. Stip aarbeikonfyt bo-op. Klits eierwitte styf en voeg suiker lepel vir lepel by. Dit moet ’n stywe meringue vorm. Skep of spuit die meringue bo-op die sagovulsel. Bak in warm oond vir 20 minute.