Annel Botha

Resepte

Klein knoppiesampioen en vars tamatie bruschetta

Hoe maak jy ‘n bruschetta?

  1. Sny brood in snye van ongeveer 2 cm dik.
  2. Maak ’n riffelpan baie warm op ’n plaat en sit een sny brood in die pan en druk dit effens plat met ’n eierspaan.
  3. Draai om en rooster aan die ander kant.
  4. Lig uit die pan, en moenie bekommerd wees as die rante effens gebrand is nie.
  5. Sny ’n knoffelhuisie in die helfte en vryf oor die sny brood.
  6. Gooi heelwat olyfolie oor.


Klein knoppiesampioen en vars tamatie bruschetta

Plaas 250g klein knopiesampioene in ’n bakplaat en  gooi heelwat olyfolie oor. Sit ook 10 afgeskilde knoffelhuisies op die bakplaat. Bak dit in die oond teen 180°C vir sowat 15 minute. Neem 1 groot tamatie, sny dit in die helfte en druk die pitte en sap ’n bietjie uit. Sit dit in ’n bak en gooi olyfolie oor en geur dit met sout en swartpeper. Sit 2 stukke tamatie op die brood en daarna die sampioene. Diegene wat van ’n “byt” hou, kan ’n teelepel gemarineerde brandrissie opsit.