sk0412pannekoek5
Resepte

Klein sjokolade en-vanielje pannekoekies met sjokoladeroomys en fudge-sous

(Sowat 18 Pannekoekies met ’n deursnee van 8 cm)

Pannekoekies

  • 250 g (445 ml) koekmeel
  • knippie sout
  • 5 ml suiker
  • 2 eiers
  • 400 ml melk
  • 15 ml kakao, gesif

Sif meel, sout en suiker saam. Klits eiers en melk saam. Maak holte in middel van droë bestanddele. Voeg eiermengsel by en klits tot sonder klonte. Skep ’n derde van beslag uit en voeg gesifte kakao by. Meng goed. Verhit ’n klein 15 cm- kleefvrye pannetjie. Skep van die beslag in pannetjie, net genoeg om die pan se bodem te bedek. Skep sowat een eetlepel van die sjokolademengsel en gooi in dun straaltjie bo-op die pannekoek om mooi vorms te maak. Bak sowat 1 minuut en draai versigtig om. Bak nog 30 sekondes. Haal uit en hou warm.

Fudge-sous

Makliker kan jy nie kry nie.

  • 255 g fudge
  • 200 ml room

Sny fudge in kleiner stukke. Sit in ’n kastrol en voeg room by. Plaas op lae hitte. Die sous moenie kook nie. Roer elke nou en dan tot fudge gesmelt het. Sit pannekoekies voor met sjokoladeroomys en warm fudge-sous.