sr1205_koshoof_11_
Resepte

Kook & Kuier 4 spyskaarte

Kook & Kuier4 spyskaarte

Lekker eet !

Spyskaart 1

Suid – Afrikaanse lekkerte

Happiegroot braaibroodjies

OM TE DRINK

Groote Post The Old Man’s Blend White 2011 (sowat R44)

Kortpad-lamsosaties met roosterkoek

OM TE DRINK

La Motte Shiraz Viognier 2009 (R189)

Melktert-fudge

OM TE DRINK

Laborie Alambic-brandewyn (R180 vir 500 ml)

Spyskaart 2

Eg Engels

Gerookte-forel-patee

OM TE DRINK

Blaauwklippen White Zinfandel 2009 (R95, kelderprys)

Lamskenkel-pasteie met ertjies

OM TE DRINK

Du Toitskloof Cabernet Sauvignon Shiraz 2011 (net R28)

Sjokolade-en lemoen-ryspoeding

OM TE DRINK

KWV Van der Hum-likeur (sowat R60)

Spyskaart 3

Italiaans

Goue-beet-en bokmelkkaas-slaai

OM TE DRINK

Fleur du Cap Unfiltered Sauvignon Blanc 2011 (R95)

Ravioli-bolognaise met salie-bruinbotter

OM TE DRINK

Bilton Sir Percy 2006, hoofsaaklik ’n cabernet sauvignon-versnit (R170, kelderprys)

Suurlemoen-brûlée-tert

OM TE DRINK

Laborie Blanc de Blancs Cap Classique 2008 (R99)

Spyskaart 4

Franse Flair

Baba-hoenders op sampioenkapokaartappels

OM TE DRINK

Steenberg Sauvignon Blanc 2011 (R95)

Uie-en-tamatie-tartine

OM TE DRINK

Villiersdorp Kelder Dam Good White 2010, hoofsaaklik ’n chenin blanc-versnit (vanaf R26)

Sjokolade-tertjies

OM TE DRINK

KWV Café Culture Choc Mousse Sparkling Wine (R59,99)

Maak só

  • SARIE maak dit vir jou maklik en het 4 spyskaarte uitgewerk wat jy tussen jou vriende kan verdeel.
  • Kuier elke naweek by iemand anders se huis. Elkeen gee in die geheim ’n punt uit 10 vir die gasheer of gasvrou, skryf dit neer en bêre dit in ’n koevert.
  • Aan die einde van die 4 weke word die punte opgetel en die wenner aangewys.
  • Die Koning van die Kombuis word op die res se rekening by ’n restaurant van sy keuse bederf! (Julle kan vooraf ’n bedrag vasstel sodat die verloorders nie bankrot daar uitstap nie.)

Verseker só sukses

  • Kies ’n spyskaart wat jou nie heelaand in die kombuis gaan besig hou nie. Sodoende kan jy meer tyd saam met jou gaste bestee en seker maak almal kuier lekker saam!
  • Moenie te fensie probeer wees en onnodig stres oor iets wat te moeilik is vir jou om te berei nie. Hou die geregte eenvoudig, hoewel smaaklik, en sit dit mooi voor.
  • Kies nageregte wat jy reeds die dag voor die kuier kan maak.
  • Koop betyds jou bestanddele sodat jy nie nodig het om rond te skarrel wanneer jy wil begin kook nie. As jy vleis moet bestel by jou slagter, doen dit ’n week vooruit. En doen inkopies vroegoggend, dan is die vars produkte net uitgepak en die rakke nog vol.
  • Maak seker jy weet wat jou gaste se dieetvoorkeure is sodat jy nie die aand van die kuier eers uitvind die helfte is byvoorbeeld vegetaries en daar is byna net vleis op die tafel nie

Iets te drinke

  • Naas kos is die drankies ewe belangrik. Dit kan ’n gewone kuier in ’n buitengewone een omskep.
  • Begin die aand met vonkelwyn. Maak voorsiening vir 2 glase per persoon. (Jy kan sowat 6 glase uit ’n 750 ml-bottel skink.)
  • Maak seker daar is genoeg water op die tafel. Geur dit met vars vrugte soos aarbeie en kruisement.
  • Maak voorsiening vir gaste wat nie alkohol drink nie. Jy wil hê hulle moet net so lekker saamkuier soos die res.
  • As jou gaste van wyn hou, kan jy voorsiening maak vir sowat ’n ½ bottel per gas. Dis min of meer 3 glase.
  • Sorg dat daar genoeg ys in jou vrieskas is. Koop of maak meer as wat jy dink nodig gaan wees.
  • Huur gerus glase. Dit maak die werk ná die tyd makliker.

Maak jou kuier uniek!

  • Al gehoor van pop-up-eetplekke? Dis een van die groot trends van 2012. Jy maak een aand vir vriende ’n restaurantete by jou huis. Die idee is om gaste te onthaal op ’n manier wat hulle nie in gewone eetplekke sal ervaar nie.
  • Vra gaste om volgens die tema van jou aand aan te trek.
  • Dek jou tafel op ’n vreemde en anderste plek in jou huis. Jy kan dalk buite in die tuin dek vir voorgereg, binne iewers vir die hoofgereg, en julle kan nagereg langs die swembad geniet. As jy dit kan bekostig, reël vir vermaak soos ’n kulkunstenaar of iemand wat kan musiek maak.
  • Stuur jou gaste huis toe met ’n klein geskenkie om die aand te onthou, iets kleins en goedkoop. Dis die gedagte wat tel, eerder as die grootte.
  • Laat ’n taxi jou gaste by hul huis gaan op- en aflaai. Dit maak dit meer opwindend en verantwoordelik.