sr0902kos_5_
Resepte

Koue bronkors-spinasie-en-roketsop

  • 30 g (30 ml) botter
  • 1 ui, fyngekap
  • 3 groot aartappels, geskil en in klein blokkies gesny
  • 600 ml hoender-aftreksel
  • 550 g bronkors, spinasie en roket (koop die pakkies met al drie saam)
  • 250 ml room
  • 1 ml fyn neut
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • sowat 8 grasuie, gekap, om bo-op te sprinkel

Smelt die botter in ’n kastrol. Voeg die ui by en braai tot sag en deurskynend. Gooi die aartappels en hoender-aftreksel by en laat kook vir sowat 12 minute tot die aartappels sag is. Voeg die blare by en kook vir sowat 5 minute tot sag. Haal van die hitte af en laat afkoel. Verpulp die mengsel in ’n versapper of jou voedselverwerker. Voeg die room by. Meng goed en geur met neut, sout en swartpeper. Laat die sop in die yskas staan tot jy dit benodig. Sprinkel gekapte grasuie bo-op as garnering.