Resepte

Koue murgpampoentjie-sop

4 porsies
Sny 700 g murgpampoentjies in dun skywe en plaas in kastrol. Voeg 10 ml droë hoenderaftreksel-poeier en 100 ml water by. Bring tot kookpunt en laat prut tot sag. Laat ’n rukkie afkoel voor jy dit in jou versapper verpulp. Gooi uit in bak en voeg 250 ml room by. Geur met sout en peper. Laat afkoel in yskas. Sit voor saam met ’n skeppie crème fraîche en ’n takkie bronkors.

  • Wilhelmina Blanchard

    Wanner gaan julle die murgpampentjie sop chang. Dus nou al a maand dat dit verskyn in Sarie resepte.