Resepte

Krap-risottokoekies

sowat 8 koekies

  • 15 ml botter
  • 15 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 125 g arborio-rys (risottorys)
  • 80 ml witwyn
  • sowat 750 ml hoenderaftreksel
  • 3 blikke (170 g elk) fyn krapvleis, gedreineer
  • 100 g bevrore ertjies
  • 60 g pecorino-kaas, fyngerasper
  • 1 eier
  • 25 ml melk
  • 100 g fyn broodkrummels

Verhit oond tot 180 °C. Smelt botter in ’n kastrol, voeg olyfolie by en braai ui en knoffel tot sag en deurskynend. Voeg rys by en braai vir 3 minute. Giet die wyn oor, en ’n sop lepel
aftreksel. Roer rysmengsel terwyl daar geleidelik aftreksel bygevoeg word. Hou aan roer tot gaar – dit neem sowat 15 minute. Voeg krapvleis, ertjies en kaas by. Skep risotto op ’n bakplaat en sprei uit om af te koel. Klits eier en melk saam. Vorm koekies van die risotto. Doop hulle eers in eier-melkmengsel en dan in broodkrummels. Pak koekies op ’n bakplaat gesmeer met olyfolie en bak vir 20 – 25 minute. Sit warm voor met lemmetjies en slaai.