skm1005.30min.vis_vingers
Resepte

Krummelvis met kapok-aartappels

(1 porsie)

  • 4 aartappels, geskil
  • 45ml botter
  • 30ml melk
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 200g stokvis-filet, in die breedte in 1cm-repies gesny
  • 60ml meel
  • 1 eier, geklits
  • 100g broodkrummels
  • 750ml sonneblomolie vir diepbraai
  • 1 suurlemoen, in kwarte gesny

Kook aartappels in water tot sag – sowat 15 minute. Dreineer, gooi botter by om te smelt en maak fyn met ‘n aartappeldrukker. Gooi melk by en meng tot sag en romerig. Geur met sout en
swartpeper. Geur vis goed met sout en swartpeper. Bedek in meel, doop in eier en dan in krummels. Druk mengsel stewig vas rondom vis. Verhit olie in ‘n groot pot tot baie warm. Gooi al die vis in olie en braai tot goudbruin en bros – so 5 – 8 minute. Sit warm voor met suurlemoenkwarte en kapok-aartappels.

Wenk: Jy kan die vis ook in die oond bak teen 200ºC tot goudbruin en gaar – dit neem sowat 15 minute.