Resepte

Lamskebabs met jogurtmarinade

(6 kebabs)

  • 1 ontbeende lamsboud, in sowat 2 cm-blokke gesny
  • 500 ml Bulgaarse jogurt
  • hand vol vars basiliekruid, in groot stukke gebreek
  • sap van 1 suurlemoen
  • 3 knoffelhuisies, fyngedruk
  • sout en vars gemaalde swartpeper

Plaas die lamsvleis in ’n groot bak. Meng die res van die bestanddele goed saam, behalwe die sout en peper. Gooi die marinade oor die blokkies vleis en meng goed. Maak die bak toe met kleefplastiek en plaas (verkieslik) oornag in die yskas. Wanneer die vleis goed gemarineer is, ryg die blokkies styf teen mekaar op die kebabstokke. Geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Plaas die kebabs op die kole wanneer dit reg is – nie te warm nie. Draai die kebabs die heeltyd om en smeer met die marinade. Verkieslik moet die vleis nog pienk wees. Die lekkerste manier om seker te maak jou vleis is reg, is om ’n stukkie te proe.


Goeie plan
As jy nie metaalstokke gebruik nie, maar houtstokke, week dit oornag in koue water sodat dit nie brand op die kole nie.


Sit voor saam met

‘n Lekker Griekse slaai en gebraaide brood.


Om te drink

Chateau Libertas of Saxenburg Shiraz