sr1203_hoofkos_1_
Resepte

Lamskoftas met kruisement-jogurt

(8 – 10 porsies)

  • 500 g lamsmaalvleis
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 5 ml komynsaad
  • 5 ml fyn koljander
  • 5 ml kaneel
  • 5 ml gerookte paprika
  • hand vol vars koljander, gekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 60 ml olyfolie

Kruisement-jogurt

  • 250 ml Bulgaarse jogurt
  • sap en skil van 1 suurlemoen
  • hand vol kruisement, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Meng al die bestanddele vir die koftas, behalwe die olyfolie, saam in ’n mengbak. Geur met sout en swartpeper. Verdeel maalvleis in 10 porsies. Vorm elke porsie in ’n worsie van 5 cm om ’n hout-kebabstokkie. Druk maalvleismengsel stewig vas. Laat rus in yskas vir 1 uur. Verhit olyfolie tot warm in ’n middelslag-braaipan. Plaas kebabs in warm pan en braai sowat 3 – 5 minute per kant of tot goudbruin en gaar. Meng al die bestanddele vir die jogurtsous saam en geur goed met sout en swartpeper. Sit kebabs en sous saam voor.