Resepte

Lamspotjie met kluitjies

(6 – 8 porsies)

  • 60 ml olyfolie
  • 6 knoffelhuisies, gekap
  • 1,2 kg kort lamskenkels
  • 500 g baba-uie, geskil
  • 60 ml tamatiepasta
  • 30 ml fyn koljander
  • 20 ml komynsade
  • 10 ml paprika
  • 30 ml droë roosmaryn
  • 2 x 400 g-blik kersietamaties
  • 500 ml rooiwyn
  • 400 g baba-aartappels
  • 400 g babawortels
  • sout en varsgemaalde swartpeper

    kluitjies

  • 125 ml botter
  • 140 g (250 ml) bruismeel
  • 200 ml water

Verhit olyfolie in swartpot. Voeg knoffel en lam by. Braai vinnig tot goudbruin, sowat 5 – 8 minute. Voeg uie en tamatiepasta by. Braai vir nog 5 minute. Voeg koljander, komyn, paprika en roosmaryn ook by en braai vir 2 minute. Voeg tamaties en wyn by. Sit deksel op en laat stadig prut vir sowat 90 minute. Voeg
nog water by indien vloeistof begin wegkook. Voeg aartappels en wortels by. Laat weer stadig prut vir sowat 30 – 45 minute of tot aartappels sag is. Geur met sout en swartpeper. Maak kluitjies só Vryf botter en meel met jou vingerpunte tot dit soos growwe broodkrummels lyk. Voeg genoeg water by sodat ’n stywe deeg vorm. Haal deksel van pot af en skep lepels vol deeg bo-op bredie. Sit deksel terug en laat stoom vir sowat 30 minute tot kluitjies gaar is. Sit voor.