jul05japtrap7_310w
Resepte

Lamsribbetjies

(4 porsies)

  • 20 klein lamsribbetjies
  • sap van 1 suurlemoen
  • gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • 20 ml bruinsuiker
  • 200 ml heuning
  • 100 ml sojasous

Meng die bestanddele saam en gooi dié sous oor die ribbetjies. Laat dit staan terwyl die oond warm word. Rooster die ribbetjies onder die roosterelement vir sowat 10 minute aan weerskante, en gaan kyk jou gunsteling-program soos Desperate Housewives.

 

Sit voor saam met
Warm aartappelskyfies. Probeer gerus die bevrore aartappelskyfies wat jy in die oond kan bak – dis glad nie sleg nie.