sr1101kos_18_2
Resepte

Lamsribstuk met kekerertjie-puree

(4 porsies)

  • 5 snye brood, gekrummel
  • 3 knoffelhuisies, gekap
  • 30 ml korrelmosterd
  • 5 takkies roosmaryn, gekap
  • 100 g botter, gesmelt
  • 500 g lamsribstuk (rack of lamb)
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 45 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 2 x 400 g-blikke kekerertjies
  • 125 ml room
  • sap van 1 suurlemoen

Verhit oond tot 180 °C. Meng broodkrummels, knoffel, mosterd, roosmaryn en botter. Geur lam goed met sout en swartpeper.Verhit ‘n braaipan tot warm en sit lamsribstuk daarin met vet kant na onder. Braai vir 5 minute of tot vet goudbruin is. Haal uit pan en druk broodkrummel-mengsel stewig op bruin vet vas. Plaas op bakplaat en bak in warm oond vir sowat 25 – 30 minute of tot goudbruin en gaar.Verhit olyfolie in ‘n middelslag-pot en voeg ui en knoffel by. Braai vir sowat 5 minute tot goudbruin. Voeg ertjies en room by en verlaag hitte. Laat stadig prut tot room met helfte verminder het. Verwerk tot growwe puree in voedselverwerker. Voeg suurlemoensap by en geur goed met sout en swartpeper. Sit lam voor met ertjie-puree.