Resepte

Lamsrugstring

(4 porsies)

  • Lamsrugstring
  • 1 takkie roosmaryn, fyngekap
  • 2 handevol pietersielie, fyngekap
  • 30 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Meng die roosmaryn, pietersielie en olyfolie saam tot ’n pasta. Geur die lamsvleis met sout en varsgemaalde swartpeper. Smeer die pasta bo-op die rugkant van die vleis. Plaas dit op ’n bakplaat onder die roosterelement van jou oond. Rooster die vleis vir sowat 15 minute
– afhangend hoe gaar of pienk jy van jou lamsvleis hou.

Sit voor saam met

Pastaslaai

  • 250 g pastarys
  • 10 kersietamaties, in kwarte gesny
  • 4 spriet-uie, in skyfies gesny
  • 100 ml olyfolie
  • sap van 1 suurlemoen
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Kook die pastarys volgens die aanwysings, voeg die res van die bestanddele by en sit voor saam met die lam.