Resepte

Lamstjoppie-en-aartappelgebak

30 minute – 4 porsies

  • 30 ml gesmelte botter
  • 4 groot aartappels, in dun skywe gesny met skil en al
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • sap van 1 suurlemoen
  • 1 knoffelhuisie, fyngedruk
  • 30 ml fyngekapte roosmaryn of 10 ml droë roosmaryn
  • 30 ml olyfolie
  • 8 lamstjops (rugstring)

Verhit jou oond tot 260 °C en maak seker jou oondrak is in die middel. Voer ’n bakplaat met bakpapier. Smeer die papier met ’n bietjie van die gesmelte botter en pak die aartappelskywe in een laag op die papier. Smeer die aartappels met die res van die gesmelte botter en geur met sout en swartpeper. Meng die suurlemoensap, knoffel, roosmaryn en olyfolie. Smeer die tjops goed hiermee en geur met sout en swartpeper. Pak die tjops bo-op die aartappels en bak vir 20 minute in die oond. Sit nou die rooster-element van jou oond aan en rooster die tjops en aartappels vir nog 5 minute. Sit voor met slaai.