Resepte

Lemoen-yskas-kaaskoek

(6 – 8 porsies)

  • 1 x 200 g-pakkie karamelgeur Mariebeskuitjies
  • 80 g botter, gesmelt
  • 2 velle gelatien
  • 100 ml yswater
  • 125 ml laevet-room
  • 275 g Bulgaarse jogurt
  • sap en skil van 1 suurlemoen
  • 130 g suiker
  • 80 ml water
  • 2 eierwitte

bo-laag

  • 2 lemoene, geskil en in dun skywe gesny

Verwerk beskuitjies in ‘n voedselverwerker tot fyn. Voeg botter by en meng tot die tekstuur van klam seesand. Voer ‘n tertpan van 30 cm met die mengsel uit en laat stol in yskas. Week gelatien-velle in yswater tot sag en gooi water af. Bring room tot kookpunt en voeg sagte gelatien by. Verwyder van hitte en roer tot gesmelt. Meng jogurt, gelatienmengsel, sap en skil van suurlemoen goed met ‘n draadklitser in ‘n mediumgroot mengbak. Sit suiker en 80 ml water saam in ‘n mediumgroot pot. Roer tot gesmelt en bring tot kookpunt oor hoë hitte. Terwyl dit kook, klits eierwitte tot sagte punte vorm. Gooi warm suikerstroop stadig by terwyl jy klits. Klits tot mengsel koud is. Vou eiermengsel by jogurtmengsel in en gooi in tertkors. Sit in yskas om
te stol. Sit voor saam met lemoenskywe.

  • Elize Pienaar

    as jy nie velle gelatine het nie kan ek die korrel gelatine gebruik en hoeveel

  • Tonia Küstner

    hoeveel gelatine????? ek wil dit baie graag maak, maar het nie velle gelatine nie 🙁

  • Tonia Küstner

    Dit is wat ek gekry het Elize, shame, ek hoop nie dis te laat nie. ons moet hierdie resep probeer!!!

    "1 sheet gelatin = 2-3 g powdered gelatin, or approx 1 tsp.
    3½ sheets = approx. 1 envelope Knox gelatin
    4 sheets = approx. 1 Tbsp. powdered gelatin"