Resepte

Luukse macaroni-en-kaas

1 porsie

• 160 g macaroni
• 30 ml botter
• 30 ml meel
• 250 ml melk
• 50 g (125 ml) cheddarkaas, gerasper
• 1 eiergeel
• 125 g chorizo-wors, in skywe gesny
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
80 ml parmesaan-kaas, gerasper
100 g broodkrummels

Verhit oond tot 180ºC. Kook pasta in ’n pot volgens aanwysings op pak. Maak solank die sous: Smelt botter in ’n medium pot en gooi meel by. Roer met ’n draadklitser totdat meel deur botter geabsorbeer is. Gooi melk in een slag by en klits totdat al die meel versprei is in die melk. Hou aan met klits oor lae hitte totdat witsous dik en gaar is – so 5 – 10 minute. Verwyder van hitte en gooi cheddarkaas en eiergeel by. Roer totdat kaas smelt. Voeg chorizo by. Dreineer pasta en meng sous deur. Geur met sout en swartpeper. Gooi in ’n oondvaste bak. Strooi parmesaan- kaas en broodkrummels oor. Bak vir 20 minute of tot goudbruin. Sit warm voor.

  • evdrqmv

    wFzdnB niluzcjxdyap, [url=http://kuibkxutqcvb.com/]kuibkxutqcvb[/url], [link=http://nguxwwgocife.com/]nguxwwgocife[/link], http://krpakhaofaqk.com/