IKMSEP.04_PIC3
Resepte

My ma se varktjops in room – binne 30 minute

Dis is een van daardie etes wat jy maklik binne 30 minute op die tafel kan sit.

genoeg vir 6

• 45 ml olyfolie
• 3 knoffelhuisies, gekap
• 2 uie, skywe gesny
• 6 vark-lendetjops (loin tjops) – vetrand verwyder
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 60 ml korrelmosterd
• 4 pere, in helfte gesny en ontklok
• 3 takkies tiemie
• 350 ml-bottel appelbier (cider)
• 250 ml room

Verhit olyfolie tot warm in mediumgroot pot. Braai knoffel en uie tot begin verbruin. Pak varktjops bo-op en geur goed met sout en peper. Smeer korrelmosterd oor tjops. Pak tiemie en pere bo-op tjops. Gooi appelbier en room by. Geur alles weer goed. Maak pot toe en laat stadig stowe vir sowat 25-30 minute of tot tjops sag en gaar is. Sit warm voor.

IKMSEP.04_PIC3

Herman vertel op Inspirasiekos met SARIE dat vark steeds een van die mees bekostigbare snitte vleis op die mark is nie. En maak jy dit reg gaar, is dit propvol geur en smaak.

Lees meer HIER.