MG_9747-570x380_1
Resepte

Maak só grondboontjiebotter-muesli

Begin jou dag op ’n hoë noot met dié maklike grondboontjiebotter-muesli. Dis goedkoop en regtig lekker saam met jogurt. Maak seker jy maak baie, want almal gaan vra vir nog!

Jy het nodig:

• 250 ml suikervrye grondboontjiebotter
• 125 ml water
• 60 ml heuning
• 5 ml vanielje
• 750 ml glutenvrye hawermout, groot vlokke
• 100 g pampoensade
• 100 g sonneblomsade
• 100 g bosbessies

_MG_8956

 

Stap 1

Plaas grondboontjiebotter, water, heuning en vanielje in middelslagpot en bring tot kookpunt. Kook vir 1 minuut terwyl jy heeltyd met houtlepel roer.

_MG_8981

 

Stap 2

Verhit oond tot 180 ᵒC. Plaas hawermout, sade en bessies in groot oondroosterpan.

_MG_9008

 

Stap 3

Gooi warm grondboontjiebotter-mengsel oor hawermout en sade. Meng vinnig deur met houtlepel tot hele mengsel bedek is. Plaas in warm oond en rooster vir 15 minute terwyl jy elke minuut deurroer.

_MG_9017

 

Maak só klaar:

Laat granola afkoel en sit voor met ongegeurde suikervrye jogurt.

_MG_9747