Resepte

Madeleines

(ongeveer 15/25 madeleines)

  • 3/6 eiers
  • 100 g/200 g strooisuiker
  • 150 g/300 g meel, gesif
  • 100 g/200 g ongesoute botter, gesmelt
  • gerasperde skil van ’n halwe/1 suurlemoen
  • gerasperde skil van ’n halwe/1 lemoen

Smeer die madeleine-pannetjies met ’n bietjie gesmelte botter. Strooi meel in elke pannetjie en maak seker dis goed bedek met die meel. Skud die ekstra meel uit. Klits die eiers en strooisuiker tot lig en romerig. Vou die meel versigtig in en dan die gesmelte botter en sitrus-skil. Skep die mengsel in die pannetjies en plaas in ’n warm oond teen 200 °C vir 12 – 15 minute. Laat vir sowat ’n minuut in die pannetjie staan voor jy dit uitkeer. Wanneer afgekoel, sif ’n bietjie versiersuiker oor.

Wenk
As jy nie madeleine-pannetjies kan kry nie, gebruik gerus klein muffin-pannetjies.