Resepte

Maklike bloubessieroomys

  • 4 eierwitte
  • 250 ml (210g) strooisuiker
  • 500 ml vars room
  • 2 suurlemoene, sap en skil
  • 1 vanieljepeul, saadjies uitgekrap
  • 125 g bevrore bloubessies, ontvries
  • 8 wafelbeskuitjies
  • gouestroop
  • hand vol vars bloubessies

Klits eierwitte in ’n groot mengbak tot sagte punte vorm. Voeg nou die suiker by terwyl jy aanhou klits tot blink en styf. Klop room tot sagte punte vorm en voeg vanieljesaadjies by. Verwerk
bloubessies tot ’n puree in ’n voedselverwerker en vou by die geklopte room in. Skep die eierwit-mengsel by en vou deeglik deur. Gooi in ’n houer wat geskik is vir die vrieskas en laat vries mengsel oornag. Skep balle van die roomys en sit voor saam met vars bessies, gouestroop en wafelbeskuitjies.

Wenk
Jy kan enige soort vrug of bessie vir die roomys gebruik. Geblikte mango of gemengde bessies werk ook goed.