Micky Hoyle

Micky Hoyle

Resepte

Maklike botterbroodjies

4 botterbroodjies van sowat 8 cm elk

  • 240 g (430 ml) bruismeel
  • knippie sout
  • 1 eier
  • 125 ml melk
  •  25 ml sonneblomolie

Verhit oond tot 180 °C. Sif meel en sout saam. Klits eier, melk en sonneblomolie saam. Voeg by meel en meng goed om deeg te vorm. Druk mengsel bymekaar op meelbestrooide oppervlak. Druk botterbroodjies uit. Smeer bietjie melk bo-op en bak vir sowat 15 minute.

Sit voor saam met
Marmelade of konfyt van jou keuse.

Om te drink
Lemoensap of enige sap van jou keuse.