Resepte

Maklike koue beetsop (borsjt)

(6 porsies)

  • 3 klein uitjies
  • 3 knoffelhuisies
  • 2 hande vol vars basiliekruid
  • 3 selderystokke
  • 400 g gaar beet
  • 300 ml groente-aftreksel
  • 50 ml rooiwyn-asyn
  • 50 ml olyfolie
  • sout en swartpeper na smaak

Kap die uie, knoffel, basiliekruid, seldery en beet fyn. Gooi in ’n groot bak en meng nou saam met die asyn en olyfolie. Maak toe met kleefplastiek en sit in die yskas vir omtrent 6 uur. Versap nou die mengsel in jou versapper en voeg dan die groente-aftreksel by. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Hou dit koel in die yskas totdat jy dit voorsit.