Resepte

Maklike skilferkorsdeeg

  • 500 g ongesoute botter
  • 500 g koekmeel
  • 250 ml sodawater
  • 15 ml brandewyn of suurlemoensap
  1. Sny botter in blokkies.
  2. Sif meel en voeg botter by. Meng effens deur. Voeg sodawater en brandewyn of suurlemoensap by.
  3. Maak aan tot ’n deeg. Bedek met kleefplastiek en laat in die yskas rus vir 30 minute.
  4. Begin die deeg in een rigting op ’n meelbestrooide oppervlak uitrol. 5 Vou die deeg van agter na voor. Vee die oortollige meel af. 6 Vou die deeg van die kant na die middel en herhaal proses tot al die botter ingewerk is. Laat die deeg ná elke twee rolle in die yskas rus – dit moet koud bly.