Resepte

Maklikste kolwyntjies nog

(12 kolwyntjies)

  • 3 eiers
  • 175 g strooisuiker
  • 175 g bruismeel
  • 175 g botter (by kamertemperatuur en sag)
  • 5 ml vanieljegeursel

Verhit jou oond tot 180 ºC. Voer ’n kolwyntjiepan met 12 papierbakkies uit. Plaas al die bestanddele in die mengbak van jou elektriese menger. Klits alles saam vir 3 – 4 minute. Skep die mengsel in die bakkies en plaas in die warm oond. Bak vir 15 minute. Haal uit die oond en laat afkoel voor jy dit versier.

Versiersel

  • 200 g sagte botter
  • 200 g versiersuiker, gesif
  • 30 ml melk
  • pienk kleursel

Meng die sagte botter en versiersuiker goed saam in jou menger. Voeg die melk by en meng weer goed. Kleur die versiersuiker met die kleursel. Versier met suikerkristalle.