Resepte

Mango-kolwyntjies

(12 kolwyntjies)

  • 1 blik mango’s
  • 125 g sagte botter
  • 175 ml strooisuiker
  • 3 eiers
  • gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • 175 g Bulgaarse jogurt
  • 250 ml koekmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • 250 ml room

Verhit jou oond tot 160 ºC. Voer ’n kolwyntjiepan met 12 papierbakkies uit. Dreineer die mango en maak ’n puree daarvan in jou voedselverwerker. Klits die botter en suiker saam in jou elektriese menger tot lig en romerig. Voeg die eiers en suurlemoenskil by. Klits goed. Voeg die mangopuree en jogurt by. Sif die droë bestanddele saam en vou dit in die eiermengsel. (Die mengsel sal lyk of dit geskif het, maar dis reg so.) Verdeel die mengsel tussen die papierbakkies. Plaas in die warm oond en bak vir sowat 20 minute. Haal uit en laat afkoel. Klits die room styf, vul ’n spuitsak en versier die kolwyntjies. Sprinkel suikerkristalle bo-op.