Resepte

Marokkaanse hoender

(4 – 6 porsies)

  • 3 heel ster-anys
  • 5 kardemom-peule
  • 10 ml komyn
  • 10 ml kaneel
  • 5 ml gemmer
  • 10 ml paprika
  • 100 ml olyfolie
  • 1 groot hoender (sowat 600 g)
  • 1 ui, gekap
  • 4 knoffelhuisies
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 1 x 400 g-blik kekerertjies
  • 1 x 400 g-blik tamaties van jou keuse
  • 500 ml hoenderaftreksel
  • hand vol koljander, gekap
  • 100 g amandels

Meng speserye en 60 ml olyfolie. Smeer oor hoender en sit in yskas vir sowat 2 uur.Verhit oond tot 160°C. Verhit res van olyfolie in ’n middelslagpot. Plaas hoender in warm pot en braai bruin. Voeg ui en knoffel by en braai nog 5 minute.Geur goed met sout en swartpeper. Gooi kekerertjies, tamaties en aftreksel by. Sit deksel op pot en bring tot kookpunt. Plaas in warm oond en bak vir 1½ uur. Verhoog hitte tot 200 °C en rooster oop vir nog 30 minute. Haal uit oond en sprinkel koljander en amandels oor. Sit voor met gaar koeskoes.

Wenk:

Jy kan ook lamskenkels of beesstert pleks van die hoender gebruik. ’n Heel ontbeende lamsboud sal ook werk.