Resepte

Marokkaanse skaaptagine

(genoeg vir so 6 mans)

  • 1 ontbeende skaapboud
  • sowat 30ml sonneblomolie
  • 1 groot ui, grofgekap
  • 4 skywe gemmerwortel, geskil
  • 1 knoffelbol se huisies
  • eina-bietjie brandrissie
  • 62,5ml (¼ koppie) water
  • droë roosmaryn en origanum na smaak
  • ‘n skeut blatjang
  • 1 pak (250g) ontpitte pruimedante
  • ½ pakkie dadels, in stukkies gesny
  • 1 pakkie (100g) swart olywe
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verbruin die skaapboud met olie in ‘n platboom-swartpot oor warm kole. Braai ui in aparte pan tot glaserig. Neuk gemmer saam met heel knoffelhuisies, brandrissie (jy kry dit in Angola) en gebraaide uie by vleis. Meng deur en gooi water oor. Laat pot baie stadig loop oor die kole vir ‘n úúr – krap kole opsy as pot te vinnig prut. Draai boud om. Sprinkel roosmaryn en origanum oor. Gooi blatjang, pruimedante, dadels en olywe by en laat pot vir nog ‘n uur stadig loop. Geur met sout en swartpeper.

Om te drink:
Chateau Libertas