Resepte

Melksnysels

4 porsies

  • 240 g / 500 ml meel
  • 3 eiers
  • 3 ml sout
  • 2 liter melk
  • 12,5 ml botter
  • kaneelsuiker

Gooi die meel in ’n groot bak. Breek die eiers in die meel en meng tot ’n lekker stywe deeg met jou hande. Knie die deeg tot mooi elasties. Maak toe met kleefplastiek en laat rus vir sowat 30 minute. Rol die deeg baie dun uit op ’n meelbestrooide oppervlak. Strooi nog meel bo-op die uitgerolde deeg. Rol die deeg op en sny in dun repies. Skud die snysels los van mekaar. Bring die melk tot kookpunt en kook die snysels in die melk vir sowat 15 minute. Voeg die botter by, skep in sopborde en sprinkel kaneelsuiker oor.