sr1205_koshoof_12_
Resepte

Melktert-fudge

(12 porsies)

•     800 g suiker
•     250 g botter
•     250 ml melk
•     250 ml kondensmelk
•     10 ml vanielje
•     10 ml fyn kaneel

Plaas al die bestanddele in ’n pot en bring tot kookpunt terwyl jy oor lae hitte met ’n houtlepel roer. Hou aan roer tot mengsel goudbruin kleur kry, sowat 25 – 30 minute. Verwyder van hitte en klits op lae spoed met elektriese handklitser tot mengsel romerig is.

Spuit pan van 30 x 20 cm met kleefwerende kossproei en keer mengsel daarin uit. Laat afkoel tot koud en gestol. Keer uit op kapplank en sny fudge in 1,5 x 15 cm-skywe met ’n skerp mes. Draai elkeen in bakpapier toe soos lekkergoed. Sit voor met koffie.

WENK:

Wees versigtig wanneer jy die melktert-fudge kook. Die mengsel is vuurwarm en kan jou baie seer brand.

  • Marianne Bronkhorst

    "Stunning,,,,,,,,,, yum, yum ………."

  • VERONIQUE DU TOIT

    Ek maak fudge om te verkoop. Al die resepte se "plaas al die bestandele in ‘n pot" – ek het gevind dat as ek al die bestandele (behalwe die botter) oor lae hitte roer en dan eers die botter bysit, los AL die suiker op en is daar nie ‘n enkele kristal in die fudge nie. Ek het ge-google "how to make perfect fudge" en hierdie raad daar gekry. Die botter vorm ‘n lagie om die suiker en dit verhoed dat dit dan lekker smelt.

  • L Basson

    Kan nie verstaan nie!!! Het hierdie fudge gemaak presies soos die resep en dit werk nie! Dit is ‘n pappery en wil glad nie hard word nie! Kan iemand dalk se wat is die Fout!!!

  • Louis C

    Het dit gemaak net soos die resep sê. Dit het heerlik uit gekom. Daar was geen korrel suiker nie, als het gesmelt. Dit het selfs in ons monde gesmelt. Heerlik.

  • Lizelle

    L Basson, ekt dit ook volgens die resep gemaak, my eerste probeerslag om fudge te maak en ht dieselfde probleem gehad, dit beteken die mengsel ht nie lank genoeg gekook nie.