Resepte

Middel-van-die-week-trifle

(6 porsies)

  • 1 x basisresep (gebak)
  • 250 g mascarpone-kaas
  • 30 ml sterk koffie
  • 250 ml room, styfgeklits
  • 100 g witsjokolade, grofgekap
  • 250 g vars aarbeie
  • 30 ml kakaopoeier vir oorsif

Breek sponskoek in growwe stukke. Klits mascarpone en koffie saam. Vou helfte van styfgeklitste room daarby in. Plaas ’n paar stukkies koek onderin elk van ses glase of bakkies van jou keuse, gevolg deur ’n klein bietjie gekapte sjokolade en ’n paar aarbeie. Skep twee lepels van die mascarpone-mengsel in elke glas. Herhaal proses tot elke glas vol is. Skep oorblywende geklitste room bo-op gevolg deur ’n aarbei. Sif kakaopoeier oor en sit voor.

Wenk
Jy kan dit ook in een groot bak maak en so voorsit.

  • Hester

    Die resepte lyk heerlik, maar wat nou gemaak as my familie nie so groot is op die room nie? Moet ek dit maar met vla vervang?