sr0910mielies06
Resepte

Mielie-soufflé

(4 porsies)

  • 50 ml botter
  • 50 ml koekmeel
  • 3 ml sout
  • 250 ml melk
  • 250 ml gerasperde cheddarkaas
  • 1 blik (340 g) mieliepitte, gedreineer
  • 4 eiers, geskei

Verhit oond tot 180 °C. Smelt botter en voeg meel en sout by. Roer tot gladde pasta. Voeg melk bietjies-bietjies by en roer heeltyd tot ’n gladde pasta vorm. Voeg kaas en mieliepitte by. Haal van hitte af en voeg eiergele een vir een by. Klits eierwitte styf. Skep ’n groot lepel styfgeklitste eierwit by die mengsel en roer goed deur. Dit breek die mengsel effens. Vou res van eierwitte versigtig in. Skep mengsel versigtig in ’n gesmeerde oondbak van so 18 – 20 cm.Trek met jou vinger ’n sirkel om die rand en bak vir 45 minute. Sit onmiddellik voor.

Om te drink

Delheim 2009 Rosé

Mielie-wenke

  1. ’n Maklike, vinnige manier om mielies gaar te maak is om die mielie in sy skil op kombuispapier in die mikrogolf te plaas vir 2 minute (vol sterkte). Vir elke bykomende mielie moet daar nog 2 minute bygevoeg word. 
  2. Heel mielies kan vir ’n jaar bevrore bly, die pitte net 3 – 4 maande.
  3. Draai mielies in foelie toe, met vars kruie of ’n stukkie suurlemoen, en braai oor die kole − ’n lekker alternatief vir botter en sout. 
  4. Sny gaar mielies in ringe van 3 cm en ryg saam met groenrissie en olywe op sosatiestokkies. Braai oor die kole.