Resepte

Mielie-vetkoek

(sowat 8 vetkoeke)

Jy benodig

  • 280 g (500 ml) koekmeel 
  • 20 ml bakpoeier 
  • 2 ml sout 
  • 15 ml botter 
  • 250 ml melk 
  • 1 blik (410 g) mieliepitte, gedreineer 
  • sowat 500 ml sonneblomolie

Sif droë bestanddele saam. Vryf botter daarby in. Voeg melk by en meng goed. Voeg mielies by en meng goed. Verhit die olie. Skep ’n klein stukkie deeg in die warm olie om te toets of dit
gereed is. As die deeg mooi stadig bruin braai, is olie reg. Draai die temperatuur laer wanneer vetkoeke begin verbruin. Dit braai sowat 10 minute om dwarsdeur gaar te word. Dreineer op kombuispapier.

Wenk
Gebruik twee eetlepels om deeg in die olie te skep, en doop die lepels voor elke skep in die warm olie.