skm1005.30min.tjoppies
Resepte

Mosterd-lamstjops met gebraaide aartappels en ertjies

(1 porsie)

  • 4 aartappels
  • 45ml korrelmosterd
  • 30ml olyfolie
  • 15ml roosmaryn, gekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 1 suurlemoen se sap en skil
  • 4 lamstjops
  • 30ml botter
  • 200g bevrore ertjies
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Kook die aartappels tot byna gaar – sowat 10 minute. Terwyl die aartappels kook, meng jy die mosterd, olie, roosmaryn, knoffel en sap en skil van die suurlemoen. Sit tjops in die mengsel en meng goed sodat die vleis goed bedek is. Verhit ‘n pan en braai tjops vir sowat 5 minute aan elke kant vir medium-gaar of langer, soos jy verkies. Haal uit die pan en smelt botter daarin. Sny aartappels in skywe en braai in pan saam met die ertjies, vir 5 minute of totdat aartappels begin verbruin. Geur goed met sout en swartpeper. Sit tjops voor met gebraaide aartappels.