Resepte

Mozzarella-en-risotto-balle

(24 balle)

  • 1 x basisresep vir risotto, koud
  • 24 vars mozzarella-balletjies (bocconcini)
  • 140 g (250 ml) koekmeel
  • 4 eiers, liggies geklits
  • 150 g droë broodkrummels
  • sonneblomolie vir diepbraai
  • suurlemoen-kwarte

Skep lepels vol koue risotto en rol dit in klein balletjies so groot soos gholfballe. Druk ’n balletjie mozzarella in elke bol risotto. Rol elke bal in koekmeel, gevolg deur eier en dan in broodkrummels. Maak seker die hele bal is met krummels bedek. Verhit olie tot warm oor matige hitte. Diepbraai balle tot goudbruin en bros. Dreineer op kombuispapier en sit warm voor met suurlemoen-kwarte.