Resepte

Murgpampoentjie-koekies met tamatie

(sowat 14 koekies, 4 porsies)

  • 450 g murgpampoentjies, gerasper
  • 3 eiers, geklits
  • 200 g fetakaas, gekrummel
  • 40 g bruismeel, gesif
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • olyfolie om die koekies in te braai en om oor te sprinkel
  • 4 – 6 tamaties, in skywe gesny
  • groot handvol vars basiliekruidblare, genoeg vir byna ’n derde van slaai

Meng die gerasperde murgpampoentjies, eiers, fetakaas en bruismeel in ’n mengbak. Geur met sout en swartpeper. Verhit ’n bietjie olyfolie in ’n pan. Skep groot lepelsvol van die mengsel in die warm olie en braai weerskante tot mooi bruin. Dreineer op kombuispapier. Rangskik die koekies met skywe tamatie en heel basiliekruidblare (soos ’n caprese-slaai) op ’n bord. Besprinkel met olyfolie.

Om te drink
‘n Vars chenin blanc sal baie goed werk hierby – of selfs ’n cap classique, soos J.C. Le Roux Pongrácz.