Resepte

My hoenderkonkoksie

(6 porsies)

  • 1 heel hoender, gehalveer
  • sowat 100 ml olyfolie
  • 3 knoffelhuisies, in skyfies gesny
  • 2 lourierblare
  • 4 preie, in skywe van sowat 3 cm gesny
  • 1 blik heel tamaties
  • 12 klein aartappels, geskil
  • 250 g portabellini-sampioene
  • 1 geel soetrissie, in dik repe gesny
  • 4 takkies vars tiemie
  • 250 ml witwyn
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 250 ml room (opsioneel)

Verhit jou oond tot 180 °C. Gebruik ’n groot oondroosterpan vir die gereg. Gooi die olyfolie in die oondroosterpan en plaas die hoender met die vel na bo in die pan. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Rooster die hoender vir sowat 30 tot 40 minute in die warm oond tot mooi bruin. Haal die pan uit die oond en plaas al die bestanddele (behalwe die room) in die bak. Maak die pan toe met tinfoelie en plaas terug in die oond. Rooster vir nog 45 minute. Haal die tinfoelie af en plaas terug in die oond. In hierdie stadium kan jy die room byvoeg as jy wil. Rooster ’n verdere 30 minute. Ek weet die proses klink lank, maar eintlik haal jy net die gereg ’n paar keer uit die oond.